Prikkel jou breinspiere met hierdie kopkrappers . . .

Dis eksamentyd! As jy deelgeneem het aan Breintyd tot nou toe, het jy waardevolle goed geleer: Jou brein is ’n wonderlike ding; as jy die probleem verstaan, kan jy dit oplos; raai en werk van daar af; werk sistematies!.


Dis eksamentyd! As jy deelgeneem het aan Breintyd tot nou toe, het jy waardevolle goed geleer: Jou brein is ’n wonderlike ding; as jy die probleem verstaan, kan jy dit oplos; raai en werk van daar af; werk sistematies!

It is exam time! If you participated in Brain time, you have learned important things: your brain is a wonderful thing; if you make sure you understand the problem, you can solve it; take a good guess and work from there; be systematic!1. Wat is die kleinste getal (behalwe 1) wat ’n res van 1 laat as dit gedeel word deur enige van 2, 3, 4, 5 of 6?

What is the smallest number (except 1) that leaves a remainder of 1 when divided by any of 2, 3, 4, 5 or 6? 2. Dertig punte op ’n sirkel, almal ewe ver van mekaar, word opeenvolgend genommer van 1 tot 30. Watter getal is presies oorkant 7?

Thirty equally spaced points on a circle are labelled in order with the numbers 1 to 30. Which number is directly opposite to 7? 3. Wanneer ’n glas vol melk is, is die totale massa 370 g. Wanneer die glas halfvol melk is, is die massa 290 g. Wat is die massa van die glas?

If a glass is full of milk, the total mass is 370 g. When the glass is half full of milk, the mass is 290 g. What is the mass of the glass? 4. Jane het ’n bottel lemoensapkonsen­traat. As sy een deel konsentraat met vier dele water meng, kry sy 60 glase lemoensap. As sy een deel konsentraat met vyf dele water sou meng, hoeveel glase lemoensap kan sy maak?

Jane has a bottle of orange juice concentrate. If she mixes one part concentrate with four parts water she gets 60 glasses of orange juice. If she mixed one part concentrate with five parts water how many glasses of orange juice could she make?

Kry nog meer lekker dinkvrae by www.amesa.org.za/Challenge/Index.htm (hoofletters maak saak!)

Find more brainy questions at www.amesa.org.za/Challenge/Index.htm (capital letters matter!)

Laat hoor van jou op Dinsdae en Donderdae tussen 11:00 en 12:00 op MfM Breintyd. Stuur ’n stemnota of ’n WhatsApp na 072 926 6926. Verduidelik hoe jy gedink het en geniet ’n kans om aan die einde van Oktober ’n kontantprys te wen!

Call in on Tuesdays and Thursdays between 11:00 and 12:00 on MfM Braintime.

Send a voice note or a WhatsApp to 072 926 6926. Explain your reasoning and stand a chance to win a cash prize at the end of October!

A project of MfM and The Department of Curriculum Studies, SU.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.