PSA se skenking gaan skool in die grendeltyd help

Die Public Servants Association (PSA) het Dinsdag 18 Augustus by P.C. Petersen Primêr ingeloer met ’n groot geskenk. PSA het ’n interaktiewe skerm aan die skool geskenk om die skool en onderwysers te help met beter klasonderrig tydens die pandemie.


Die Public Servants Association (PSA) het Dinsdag 18 Augustus by P.C. Petersen Primêr ingeloer met ’n groot geskenk. PSA het ’n interaktiewe skerm aan die skool geskenk om die skool en onderwysers te help met beter klasonderrig tydens die pandemie.

“Soos meeste skole in die land ervaar ons almal maar verskeie struikelblokke, grys gebiede, leemtes, baie druk en stres. Hierdie vennootskap met PSA is tot voordeel van ons leerders, net soos hulle glo ons by P.C.P. ook aan gehalteonderrig en hoe beter as om die klaskamer interaktief te maak,” sê Devon Combrinck, ’n onderwyser by P.C. Petersen Primêr.

Hy sê leerders kan nou op verskeie maniere gestimuleer word en ook hul aandag langer tydens lesse behou.

“ ’n Klaskamer met klank, kleur en tegnologie is beslis ’n wenresep en geskikte omgewing om leer te bevorder. Tydens die pandemie wissel onder­-w­ysers van klasse en nie leerders nie. Hierdie is ook ’n baie meer doeltreffende manier van klasgee omdat leerders op verskeie maniere gestimu­leer word. Dit help nie net vir die onderwysers om lesse aan te bied nie, maar ook om veiligheidsmaatreëls toe te pas en meer kwantiteit- en kwaliteit-onderrig te gee. Dit skep ’n leer- en leerdervriendelike omgewing en kan ook ’n “ontsnapping” van die huis en werklikheid word.

“Namens die skool wil ons ons heelhartige dank betuig aan PSA en sy oulike span vir hierdie skenking en wonderlike vennootskap.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.