Die bejaardes van Huis Noah in Idasvallei was aangenaam verras deur ’n besoek van die personeel van Price Waterhouse Coopers (PWC) in Technopark, Stellenbosch, wat verlede Woensdag (7 Desember) kom kuier het. PWC het twee mikrogolfoonde en ’n kospakkie aan elk van die inwoners geskenk. Huis Noah se bestuur het sy dank teenoor die PWC-span vir hierdie welwillendheidsgebaar uitgespreek. Die inwoners het die tydjie saam met hulle baie geniet.Foto: