Die 2025- internasionale rasievereniging se wêreldkampioenskap het onlangs met ‘n 5-6-7-8 in Orlando, Florida, begin, waar Stellenbosch se top-rassieleiers deel van Suid-Afrika se span was.
Die nasionale meisiesspan was een van ses SA spanne wat in verskeie afdelings deelgeneem het. Die kampioenskap is van Woensdag 23 tot Vrydag 25 April in die VSA gehou, met deelnemers van reg oor die wêreld. Die mededinging was straf, die opwinding groot en ‘n passie vir rasie was tasbaar.
Die Hoërskool Stellenbosch het in 2017 met rasie begin en vanjaar pronk die nasionale span met sewe plaaslike atlete wat in hierdie massa-nasionale span opgeneem is.
Die ses meisies wat in die junior meisiespan opgeneem is, was Mary-Anne Basson, Daniella Smit, Sophia Eksteen, Elrike Nel, Odelia Krige en Zara Fourie. Mehan Keller is vir die junior gemengde span gekies.
Dit was vir hierdie sewe atlete van die Hoërskool Stellenbosch ‘n eerste keer om só buite hul skoolvlak mee te ding.
“Dit was nie altyd maklik nie. ‘n Lang vlug, aanpassing by die nuwe tydsone en die hoë vlak van die mededinging het my fisiek en emosioneel uitgedaag. Tog het ek soveel as atleet en as mens geleer en gegroei,” sê Krige, onderkaptein van die nasionale junior meisiespan.
Die Suid-Afrikaanse spanne het hul staal met hul vermoëns en toewyding gewys en goeie uitslae in ‘n hoogs mededingende internasionale arena behaal. Hulle het in die meeste afdelings onder die top-10 geëindig.

Die spanne waarin die Hoërskool Stellenbosch-leerders opgeneem is, het onderskeidelik die sewende (junior meisies) en vyfde (gemenge juniors) posisies beklee.
Die prestasie is moontlik gemaak deur die ondersteuning van afrigters en organiseerders – veral in die Wes-Kaap.
Die kompetisie het die selfvertroue van die Hoërskool Stellenbosch se rasieleiers ‘n hupstoot gegee en hulle inspireer om hoër te mik.
Die skool glo ‘n blink toekoms wag vir rasie in Suid-Afrika – veral by die Hoërskool Stellenbosch.

You must be logged in to post a comment.