Rasieleiers van die Hoërskool Stellenbosch het in Oktober amptelik hul Suid-Afrikaanse kleure as rasie (cheerleading) ontvang. Nege rasieleiers is gekies om lid van die junior Suid-Afrikaanse span te wees wat volgende jaar in April aan die wêreldkampioenskap in Florida in die VSA sal deelneem. By dié nege is die nasionale direkteur van rasie, Amanda Bowden. Die rasieleiers is, agter van links, Sophia Eksteen, Mary-Anné Basson, Schalk Botes, Odelia Krige en Daniella Smith. Voor is Mehan Keller, Elrike Nel, Amanda Bowden, Zara Fourie en Luca Dell-Coetzee.
Rasieleiers haal junior SA span
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.