Rassespanning woed

Die Universiteit Stellenbosch sê hy veroordeel ten sterkste enige vorm van rassisme of onverdraagsame gedrag wat op rasse- of enige ander vooroordeel neerkom.


Die Universiteit Stellenbosch sê hy veroordeel ten sterkste enige vorm van rassisme of onverdraagsame gedrag wat op rasse- of enige ander vooroordeel neerkom.

Dit volg ná ’n rassevoorval wat die afgelope naweek in die manskoshuis Huis Marais plaasgevind het toe ’n wit eerstejaarstudent op ’n swart eerstejaarstudent se lessenaar geürineer het. Die voorval is deur die slagoffer op video vasgevang en wyd op sosiale media versprei.

“Menswaardigheid is ononderhandelbaar by die US en moet gerespekteer, gehandhaaf en herstel word wanneer dit aangetas word. Die universiteit heg groot waarde aan respek, deernis, billikheid, aanspreeklikheid en uitnemendheid in al sy interaksies en optrede. Die instelling het ’n deurlopende program om inklusiwiteit en transformasie in alle aspekte van die universiteit te bevorder,” het prof. Wim de Villiers, die US-rektor, gesê.

“Diskriminerende handelings ondermyn hierdie benadering soos ondersteun deur die universiteit en die algehele meerderheid van die personeel en studente. Ongelukkig ondermyn individue, wat op hul eie individuele en persoonlike vooroordeel optree, die universiteit se algehele pogings om ’n verwelkomende atmosfeer vir almal by hierdie uitstekende instelling van hoër onderwys te skep.”

Babalo Ndwayana, die slagoffer, sê die voorval het Sondagoggend omstreeks 04:00 plaasgevind. “Ek het geslaap toe ek wakker word weens die klank van iemand wat in die kamer vroetel. Toe ek opkyk, was dit die oortreder. Hy het op my lessenaar, waarop my boeke en skootrekenaar was, geürineer. Toe ek hom vra wat hy doen, het hy gesê hy wag vir iemand en het my boy genoem,” het Ndwayana gesê.

Die oortreder is aan hom bekend as sy kamermaat se vriend. Ndwayana sê hulle ken mekaar en dit is die eerste rassevoorval waarby hy betrokke is. V Vervolg op bladsy 3

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.