Die senior debatspan van Paul Roos Gimnasium het verlede week aan ’n interne debatreeks deelgeneem ter voorbereiding vir die nasionale ATKV-kompetisie in April. Die onderwerp was “Selfdoen-aksies bevorder demokrasie in Suid-Afrika, al dan nie”. Die debatteerders (van links) is Ian Lubbe, Altus de Villiers, Steffan Thielen en Altus du Plessis.