Studente het by die Rooiplein byeen gekom as deel van die #RedtAPE-veldtog.

Michelle van der Spuy

Studente het by die Rooiplein byeen gekom as deel van die #RedtAPE-veldtog.

Ná ‘n weeklange veldtog om bewustheid oor verkragtingskultuur by Universiteit Stellenbosch (US) te vergroot, het die #RedtAPE-veldtog ‘n byeenkoms op die Rooiplein se trappe gehou.

Tydens die vergadering het Lea Koekemoer studente en personeel aangemoedig om ‘n petisie te teken en sekuriteit- en veiligheidskwessies onder die US-bestuur se aandag te bring.

“[Hierdie byeenkoms is ‘n oomblik waar ons saam kan kom en vir die bestuur kan laat weet dat studente veilig op kampus wil voel.

“Hierdie plek is ons tweede huis en ons wil hier veilig voel.”

Studente by die byeenkoms het hul monde toegeplak in solidariteit met slagoffers van verkragting wat in stilte moet ly.

Die US-koor het die stilte aan die einde van die byeenkoms verbreek.

Lees meer in volgende week se uitgawe van Eikestadnuus.

You need to be Logged In to leave a comment.