Reënwolke rol verlede Woensdagaand (12 Oktober) oor die Universiteit Stellenbosch (US) se Ouhoofgebou in Ryneveldtstraat in. Die foto is tydens ’n US Toyota Woordfees-geleentheid geneem. Die reënweer het nie die aptyt van feesgangers gedemper nie, en ’n suksesvolle twee weke met sowat 640 unieke aanbiedings is Sondag 15 Oktober afgesluit.