Die Brandweer-opleidingsakademie van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het Vrydag (6 September) die prestasies van 36 nuwe brandbestryders tydens hul voorstellingsparade in Stellenbosch gevier. Onder hulle is Bruno Herrman en Terence Januarie van die Stellenbosch-munisipaliteit. Die 2024-winterklas het van 12 Mei tot 6 September strawwe opleiding ondergaan, insluitend die kursusse Brandbestryder 1 en 2 asook Hazmatbewustheid en Hazmatbedrywighede, en ’n 100%-slaagsyfer in laasgenoemde behaal – ’n eerste in die akademie se geskiedenis. Tydens die seremonie, wat ’n motoroptog en drildemonstrasies ingesluit het, het verskeie studente pryse vir hul uitstaande prestasies ontvang, insluitend Cornelius Fourie as beste student van die kursus. Herrman is ook aangewys as die beste teoretiese student van die Brandbestryder 1-kursus, beste praktiese student van die Brandbestryder 2-kursus en beste student van die Hazmatbewustheid-kursus, terwyl Januarie aangewys is as die student wat die beste vordering gewys het. Die gegradueerdes het die breë ouderdomsgroep van 19 tot 52 gedek en kom uit verskeie munisipaliteite en organisasies – ’n trotse uitbeelding van die diversiteit en eenheid van die brandbestrydingsgemeenskap. Dr. Elna