Hoërskool Stellenbosch se debatspanne pronk met splinternuwe sakke wat deur die regsfirma ENSafrica geborg is. Twee van die firma se direkteure, Julius Oosthuizen en Willem van der Colff, het die sakke oorhandig en met die debatteerders oor relevante kwessies gesels en ook die waarde van debat beklemtoon. Die debatteerders is gretig om die komende jaar te betree met ’n mikpunt in hul oë, ondervinding agter die rug en nuwe sakke onder die arm. ENSafrica wens hulle alle sterkte toe. Die span bestaan uit Walden van der Walt, Rezel van der Merwe (debatorganiseerder), Chris janse van Rensburg, Anja Venter, Cara Killian, Willem van der Colf (ENSafrica), Julius Oosthuizen (ENSafrica), Valerio Costa en Louise Meyer. Foto: