’n Knippie Suid-Afrika, ’n teelepel Frankryk, ’n tikkie Italië en ’n skeut Japan – alles prut sedert 2016 in Straatsburg saam.
Dít is die unike bestanddele waaruit Quatuor Avena ontstaan het, met Adam Campbell (SA), Nicolas Allard (Frankryk), Fabio Cesare (Italië) en Sumika Tsujimoto (Japan) as lede. Musiekliefhebbers word genooi om Vrydag 11 April ’n musikale reis om die wêreld met Quatuor Avena in Around the World in 80 Minutes by die Endlersaal te neem.
Dit is ’n meesleurende optrede te wees wat musiek en beweging kombineer. Elke bestemming word gekenmerk deur musiek wat herinner aan plekke waardeur gereis word, hetsy oorspronklik geskryf of vir die saksofoonkwartet verwerk. Alles word versterk met choreografi e deur Isabelle Morane Rist.
Die konsert begin om 19:00. Besoek Webtickets vir besprekings.