– Bedien 4 vir R100
– Voorbereiding tyd: 10 minute
– Kooktyd: 10 minute
Bestanddele:
• 4 eiers
• sout en peper, na smaak
• 2 handevol kersietamaties
• 1 klein rooiui, in dun ringe gesny
• ½ komkommer, in stokkies gesny
• 100 g pakkie Kalamata-olywe, gedreineer
• 2 ringe fetakaas, in stukke gebreek
• Griekse slaaisous, vir bediening
Metode:
1. Maak geposjeerde eiers deur die middel van ’n geperforeerde plastiek-vierkant in ’n klein bakkie te druk. Laat die res van die plastiek oor die buiterand hang. Spuit die middel met kooksproei en kraak ’n eier in die bakkie. Bring die kante van die plastiek wat oorhang op en bind dit styf met kombuistou vas. Maak seker dat daar geen lugborrels om die eier is nie. Haal die plastiekpakkie uit die bakkie en herhaal die proses met res van die eiers.
2. Bring ‘n medium kastrol halfvol water tot prut oor medium hitte. Voeg al die eierpakkies versigtig by en kook vir vier minute vir loperige eiergele of tot jou smaak. Sny versigtig die pakkies onder nie knope oop en maak dit oop. Geur met sout en peper.
3. Rangskik die tamaties, uie, komkommer, olywe en feta op ’n bord met die eiers. Bedien met die slaaisous. – www.sapoultry.co.za