Dis feestyd en tyd om af te koel. Jy kan jou skemerkelkies met rooibostee meng vir ’n tradisionele of moderne twis. Jy kan vrugte-gebaseerde rooibos pons (met of sonder alkohol) geniet, of heerlike vars geure soos rooibos met appel mojito.

A lang, yskoue glas rooibos reinig ook die liggaam en help die maag om voedsel ná ’n groot maaltyd te verwerk. Dus is dit die perfekte drankie vir ná Kersete of een om dinge voor ete aan te hits.

Dis vinnig, maklik en goedkoop, en jy kan met verskeie kombinasies eksperimenteer. Kies eenvoudig jou gunsteling rooibos versnit, voeg ys en jou keuse vrugte of kry by, en voila!

Hier is ’n paar rooibos-kelkies om te probeer:

Rooibostee-pons

¦ Bestanddele:

• 500 ml sterk rooibostee, afgekoel

• 500 ml perskesap

• Ten minste 100 ml wodka (opsioneel)

• 1 suurlemoen, in dun skerwe gesny

• handvol vars kruisementblare

• 2 perskes, in dun skerwe gesny

¦ Metode:

1. Kombineer al die bestanddele in ’n groot beker en meng goed.

2. Bedien oor ys.

Aarbei-pons

¦ Bestanddeles:

• 750 ml sterk, koue rooibostee

• 1 liter appelsap

• 1 liter grenadellasap

• 1 liter aarbei-sap

• 2 bottels (750 ml elk) of vonkel rooi druiwesap, koud

• 1 bakkie aarbeie, in skerwe gesny

• 1 lemoen, in skerwe gensy

• vars kruisementblare

¦ Metode:

1. Meng die rooibostee en sappe saam, en verkoel.

2. Voeg die koue vonkelsap by.

3. Versier met aarbeie, lemoen en kruisementblare. Laat dit deurtrek, drink en wees vrolik!

You need to be Logged In to leave a comment.