Rietenbosch se leerders dra by tot vier van Chinese Nuwe Jaar

’n Bekroonde Stellenbosse skool het die naweek bygedra tot die mees omvangryke kulturele feesviering van Chinese Nuwejaar wat nog op Afrika-bodem gehou is.


’n Bekroonde Stellenbosse skool het die naweek bygedra tot die mees omvangryke kulturele feesviering van Chinese Nuwejaar wat nog op Afrika-bodem gehou is.

Die Voorspoedige Chinese Nuwe jaar-fees, ’n hoogtepunt op die kulturele agenda van China, ’n sleutel-bondgenoot van Suid-Afrika, het in die Victoria en Alfred Waterfront in Kaapstad plaasgevind. Altesaam 81 leerders van die Rietenbosch Laerskool op Stellenbosch het daaraan deelgeneem.

Die skool het die wenprys ingeoes in ’n kompetisie van OnsKan24, toonaangewende opvoedkundige program van Media24 wat skool-redaksies begelei om die digitale era te betree, en is gevolglik uitgenooi na die kulturele fees in die Waterfront.

Hulle het saam met lede van die Tianjin Cathay Future-kunsgeselskap vir kinders deelgeneem aan die uitruiling van groete-boodskappe in kalligrafie-vorm.

Hulle het ook die dans- en sangvertoning van die kunsgeselskap die aand by die amfiteater dopgehou.

Roy van Rooyen, die skoolhoof, het gesê die kulturele blootstelling het amper meer vir die leerlinge beteken as ’n dag op skool. Dit was vir hulle inspirerend.

Hulle het notaboeke gekry en moes hul waarnemings op die OnsKan24-platform verwoord.

Leerlinge in graad vyf, ses en sewe op Rietenbosch neem deel aan die skryf van artikels op OnsKan24 en die artikels word deur die adjunkhoof geredigeer voor dit gepos word.

“Hierdie skryfwerk dra by tot die ontwikkeling van die leeringe se kreatiwiteit,” het hy benadruk.

Adrie Jurgensen, groepbestuurder van Media24 se gemeenskapsprojekte en projekbestuurder van OnsKan24, het gesê by die aanlyn-platform (OnsKan24) is die skep van lees- en kreatiewe skryfervarings van groot belang. Media24 het ’n vennootskap gesluit met die Cape Asian Face Communications om die Tianjin Cathay Future kuns-geselskap vir kinders uit China te verwelkom.

“Rietenbosch Laerskool is verlede jaar opgelei om skryfwerk op die digitale platform te doen en was so entoesiasties dat hulle al die ander deelnemende skole oortref het met 30 kreatiewe inskrywings.”

Marlene le Roux, bedryfshoof van die Artscape-teatersentrum, het Rieten-bosch se deelname verwelkom. Sy het by die amptelike opening van die Chinese Nuwejaarsvieringe gesê deur sulke gedeelde kulturele ervarings wys Suid-Afrika dat hy elke nasionaliteit wat in Suid-Afrika verteenwoordig is, met entoesiasme omhels.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.