Sakekamers, sake-eienaars en sakelui, kleinboere en gasvryheidsondernemings in die streek het nog tot Maandag 10 Oktober kans om in te skryf vir die MyAHi-eerbewyse, ’n gesogte jaarlikse kompetisie vir dinamiese sakelui.

Anders as voorheen het die AHi vanjaar besluit om ook die ekonomiese bydrae van sake-eienaars, kleinboere en die rol van opkomende sakekamers landwyd te erken.

Minstens ses eerbewyse sal Donderdag 3 November tydens ’n gala-prysuitdeling toegeken word. Die inskrywings vir die eerbewyse sluit Maandag 10 Oktober, waarna die drie finaliste in elke kategorie die Maandag daarna – 17 Oktober – aangekondig sal word.

Die ses eerbewyse is onder meer die Sakekamer van die jaar, Opkomende sakekamer van die jaar, Kleinsakeonderneming van die jaar, Beginner-onderneming van die jaar, Kleinboer van die jaar en Gasvryheidonderneming van die jaar.

Kaartjies vir dié glansryke geleentheid sal nog beskikbaar gestel word. . Besoek die AHi-webblad by www.myahi.co.za vir nog inligting en skakels na die inskryfvorms.

You need to be Logged In to leave a comment.