Polisiebeamptes van Cloetesville het vandeesmaand verskeie suksesse gehad nadat inligting vanuit die gemeenskap verkry is.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder AO Zenobia Sedeman is inligting wat deur die gemeenskap verskaf is, onmiddellik opgevolg.

Die polisie het onder meer 38 sakkies tik gevind en ook op ‘n pistool beslag gelê. Twee verdagtes – albei 24 jaar oud – het Vrydag 10 Oktober in die Stellenbosch-landdroshof in verband met die twee afsonderlike vondste verskyn.

“Ons wil weer eens die gemeenskap vir hul samewerking bedank en moedig inwoners aan om inligting deur te gee,” het Sedeman gesê.

  • Enigeen wat inligting aan die polisie wil verskaf, kan die polisiekantoor by 021 888 5940 skakel of direk met die stasiebevelvoerder, lt.kol. Monique Fortuin, by 082 411  2911 kontak maak.

You need to be Logged In to leave a comment.