SPORT: Stellenbosch-krieketklub aan die wenkant

Die eerste span van Stellenbosch Krieketklub het Saterdag (28 Oktober) sy eerste oorwinning van die seisoen aangeteken toe hy Paarl Oos se krieketklub met vyf paaltjies geklop het.


Die eerste span van Stellenbosch Krieketklub het Saterdag (28 Oktober) sy eerste oorwinning van die seisoen aangeteken toe hy Paarl Oos se krieketklub met vyf paaltjies geklop het.

Die Boland- Premierliga B-wedstryd is op die New Orleans-sportterrein in Paarl beslis, met die besoekers wat die loot gewen en besluit het om eerste te boul.

Die tuisspan het danksy goeie kolfwerk deur die aanvangskolwer Jayden Adams (60) en Morgan Johnson (28) en Ashley Nathan (27), altesaam 189/6 in 50 boulbeurte aangeteken. Johnwin Lewis (2/54) en Noah Muller (2/34) was die Stellenbossers se beste boulers.

Op hul beurt het die besoekers die teiken met gemak bereik (195/5 in 48.2 boulbeurte), met Bradley Layman (83) en Yaasier Johnson (35) wat die Paarliete omtrent laat rond­hol het. Jevanore Stemmers (3/12) was die tuisspan se beste bouler.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.