Sê jou sê oor Stellenbosh-dorpsmark

, ,

Stellenbossers sal eersdaags die geleentheid hê om kommentaar te lewer oor waar hulle dink die beste ligging vir ‘n dorpsmark sal wees.


Stellenbossers sal eersdaags die geleentheid hê om kommentaar te lewer oor waar hulle dink die beste ligging vir ‘n dorpsmark sal wees.

Die Stellenbosch- munisipale raad het Vrydag (30 Mei) besluit om voort te gaan met ‘n openbaredeelnameproses oor die drie voorgestelde terreine vir ‘n dorpsmark.

Dit volg nadat die Sunday Dorp Street Market deur die munisipaliteit gesluit is (“Mark in Dorpstraat moet nou sluit”, Eikestadnuus, 27 Maart).

Die organiseerders, Danneel Stone en Leani Breedt, het in 2020 die mark in die dorp se hoofstraat begin in die hoop om die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot te gee ná maande van grendeltyd.

Verlede Julie het munisipale wetstoepassers stalletjiehouers verwittig dat hulle nie meer mag handel dryf nie. Stone en Breedt het sedertdien aansoek gedoen om hul mark weer aan die gang te kry, maar die munisipaliteit was van mening dat ‘n meer geskikte terrein vir ‘n mark gevind moet word. Die munisipaliteit het aangevoer hoewel die mark as ‘n klein, private inisiatief begin het, dit uitgebrei het na ‘n groot, formele mark wat op munisipale eiendom, sypaadjies en padreserwes bedryf word.

Nou het die munisipaliteit drie moontlike terreinne vir ‘n dorpsmark geïdentifiseer – die Suidwal van die Eersterivier, die Braak in die sentrale dorpsgebied, asook die Bloemhof-parkeerterrein wat slegs op Saterdae gebruik sal word.

Ander moontlike terreine wat die munisipaliteit afgekeur het, was die Jan S. Marais-park, die Speelgoed-museum en George Blakeweg. Diegene wat markte wil organiseer, moet ook aan alle nodige voorskrifte, insluitende munisipale verordeninge, voldoen.

Intussen het baie van die stalletjiehouers wat deel was van die Sondag-mark na die weeklikse mark in die Stellenbosch- botaniese tuine verskuif.

You need to be Logged In to leave a comment.