Die Eikestadnuus-span groet vir die jaar.

Ons laaste uitgawe vir 2024 verskyn vandag, Donderdag 19 Desember.

Die volgende Eikestadnuus sal op Donderdag 16 Januarie 2025 verskyn, hoewel die redaksie en advertensiespan van Maandag 13 Januarie reeds weer beskikbaar sal wees. Stuur gerus steeds enige nuus en foto’s na eikestad@eikestadnuus.com vir publikasie-oorweging in die nuwe jaar.

Ons bedank graag ons getroue lesers en lojale adverteerders vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope jaar.

Ons wens almal ’n wonderlike en veilige feestyd saam met u geliefdes toe en sien uit daarna om die nuwe kalenderjaar saam met u aan te pak.

You need to be Logged In to leave a comment.