Die saak teen ‘n Franschhoekse man (55) wat teregstaan op aanklagte wat met die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie verband hou, is Dinsdag (27 Januarie) weer in die Franschhoek-landdroshof tot Dinsdag 24 Maart uitgestel.
Die man bly tot dan in aanhouding nadat sy borgtogaansoek in Desember verlede jaar onsuksesvol was.
Die man, ‘n voormalige onderwyser, is in Augustus verlede jaar by sy tuiste in Franschhoek in hegtenis geneem na aanleiding van video’s wat aanlyn versprei is en waarin hy glo met twee tienermeisies seksueel verkeer.
Die staat het Dinsdag aangedui dat die dossier nog by die kantoor van die direkteur van openbare vervolging is, om te beslis na watter hoërhof die aangeleentheid verwys moet word.
Volgens die staat is die ondersoek ook nog nie afgehandel nie.


