Sewestoernooi ’n groot sukses

Die historiese Devon Williams- Sewestoernooi vir o.13-spanne van die Dwarsriviervallei was ’n reusesukses. Altesame agt laerskole het deelgeneem en die span van die Hoërskool Franschhoek het die Laerskool Simondium in die eindstryd met 12-5 geklop.

“Simondium was die gunsteling om die toernooi te wen, omdat hulle tot dusver in al die kompetisies waaraan die span deelneem, skoonskip gemaak het. ’n Goeie gees van sportmanskap het geheers en die spelers van albei spanne het goeie rekenskap van hulself gegee,” sê Keith Cyster, afrigter en sportorganiseerder van die wenspan. Hy sê Franschhoek se oorwinning beteken baie vir die leerders, die skool asook die breë Dwarsriviervallei.

“Ek het net sewe spelers gehad om deel te neem en hulle moes elke wedstryd speel. Gelukkig was daar darem ’n ruskans tussen wedstryde, maar die moed en kanniedood-houding van die span het ons met die louere laat wegstap,” sê Cyster.

Die agt spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, was van die laerskole Pniël, Simondium, Wemmershoek, PC Pietersen, Nondzami, Groendal, West Eind en die Hoërskool Franschhoek.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.