Andries en Nicolas van der Vyver, van Paul Roos Gimnasium, was lede van die Westelike Provinsie-gholfspan tydens die interprovinsiale Katberg Challenge vir 2021 wat van 19 – 22 Maart by die Katberg-gholfoord in die Oos-Kaap aangebied is. Dié toernooi is spesiaal vir o.15-gholfspelers. Die WP-span het as wenners uit die stryd getree en het met 51 houe gewen. Andries is gelys as een van die top-10-spelers en het uiteindelik ’n vierde plek behaal met slegs een hou agter die tweede en derde plekke. Nicolas spog met ’n “naaste aan die putjie” – na ’n skitterende laaste rondte van 76 en ’n algehele 12de plek. Foto: