Anke en Ruald Niemand van Laerskool Stellenbosch het aan die Suid-Afrikaanse graderingskompetisie vir judo in Port Elizabeth deelgeneem. Ruald het ’n bronsmedalje in die o.12-klas verwerf en Anke het in groep 3 vir meisies 13-14 jaar ’n bronsmedalje en in groep 4 vir meisies 15-19 jaar ’n silwermedalje verwerf.