Simondium sy T20-kroon kwyt

Altesaam 12 o.12-spanne van laerskole in die Dwarsriviervallei en Franschhoek het van Dinsdag 30 Januarie tot Donderdag 7 Maart aan die jaarlikse T20-toernooi van die Groot Drakenstein Games Club deelgeneem.


Altesaam 12 o.12-spanne van laerskole in die Dwarsriviervallei en Franschhoek het van Dinsdag 30 Januarie tot Donderdag 7 Maart aan die jaarlikse T20-toernooi van die Groot Drakenstein Games Club deelgeneem.

Die spanne van Pniël Primêr, Bridge House, PC Petersen Primêr, Groendal Primêr, Simondium Primêr, Wemmershoek Primêr, Dalabuhle Primêr, Wes-Eind Primêr, Klapmuts Primêr, Simondium Privaat, die Laerskool Franschhoek en ’n uitnodigingspan het sake op die krieketveld uitgespook.

In die eindstryd op 7 Maart het die uitnodigingspan die verdedigende kampioen, Simondium Primêr, met 34 lopies geklop.

Die uiteindelike wenners het in die eindstryd eerste gekolf en 119/3 in hul 20 boulbeurte aangeteken. Die kaptein, James Boulton (16), en Jack du Plessis (11) was die beste kolwers, terwyl Mateo Fredericks (1/6), JoRino Julies (1/7) en Ashlin Isaacs (1/10) met die bal uitgeblink het.

Op sy beurt kon Simondium slegs 85 lopies aanteken danksy die boulvernuf van Tyler Solomons (2/1), Savanah Wolseley Brinton (2/8) en Waylin Slinger (2/8). Vir Simondium het Quewin Rudolf (16) en Hazer Lekay (10) met die kolf geskitter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.