Simone van der Merwe, ’n gr. 9-leerder aan die HMS Bloemhof, het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap se Biathle/Triathle-kampioenskap deelgeneem en twee goue medaljes in die o.17-afdeling verower.

Biathle/Triathle bestaan uit ’n kombinasie van swem, hardloop en laserskiet.

Hiermee kwalifiseer sy vir die SA kampioenskap, wat van 23 tot 24 September in Gauteng plaasvind.

Hierdie prestasie is niks nuuts vir Simone nie. Sy het reeds in 2018 aan die wêreldkampioenskap in Egipte deelgeneem en vier goue medaljes en een silwermedalje verower.

Sy het ook in 2021 by dieselfde kompetisie in Duitsland twee goue medaljes in die individuele items verower. Simone het verlede jaar aan die Biathle/Triathle-wêreld­kampioenskap in Madeira, Portugal, deelgeneem en ses goue medaljes gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.