Ilne Fourie is terug by die Drostdy-teater met haar gewilde solokomedie “Sjarrap, en eet jou kos!”


Ilne Fourie is terug met haar gewilde solokomedie Sjarrap en eet jou kos!

Fourie is bekend vir haar komedie Laerskool Noord, waarin sy die sorglose gr.2-onnie Marietjie-tjie gespeel het. Sy is tans te sien as Tannie Adrie in die nuwe Showmax-reeks Wyfie en Kelders van Geheime.

Fourie se ongepubliseerde werke is ook voorgelees op RSG se program Kortom onder leiding van Johan Rademan.

In hierdie nuwe bekkige toneelstuk steek Fourie die draak met kliënte wat sy as kelnerin die afgelope jaar bedien het. Harde eiers? Sagte eiers? Warm melk of koue melk? Wit brood of bruin brood? To be or not to be? Was Shakespeare dan ook ’n waiter?

Daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek-en-tee tot jy sal skater van die lag. ’n In-diepte kykie van wat agter die sk erms – of sal ’n mens liewer sê skinkborde – gebeur?

’n Dag in die lewe van ’n kelner is alles behalwe koek en konfyt!

  • Moenie Vrydag (12 Junie) se vertoning by die Drostdy-teater misloop nie. Dit begin om 19:00 met kaartjies by Webtickets.

You need to be Logged In to leave a comment.