Die Wes-Kaapse bloeddiens doen ’n beroep op skenkers om, ter viering van die maand van liefde, ’n stukkie van hul hart te deel deur bloed te skenk.
Bloedskenking is een van die kragtigste maniere om ander te help, met een skenking wat moontlik tot drie mense se lewe kan red.
In die Wes-Kaap is slegs 1% van die bevolking aktiewe bloedskenkers. Die diens het ten doel om die aantal nuwe bloedskenkers te vermeerder om sodoende te verseker dat bloedvoorraad vir vyf dae te alle tye beskikbaar is.
Bloed is daagliks noodsaaklik vir lewensreddende behandeling in hospitale en om pasiënte in nood weens motorongelukke, traumas, bevalling, kankerbehandeling en ander ernstige mediese toestande te onder-steun. “Dit neem net 30 minute om moontlik drie lewens te red en ons moedig skenkers aan om ’n stukkie van hul hart in die maand van liefde te deel deur bloed te skenk,” sê Michelle Vermeulen, die bloeddiens se hoof van bemarking en skakelwese.
“Ons wil ook ons ??hartlike dank uitspreek aan elke skenker wat ons gehelp het om hierdie lewensreddingswerk voort te sit.” Elke skenker sal hierdie maand as ’n blyk van waardering ’n fortuinkoekie ontvang. In die gees van liefde en deel is die koekie ’n herinnering dat klein dade van goedhartigheid, soos bloedskenking, tot iets merkwaardig kan lei. As jy tussen 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, in goeie algemene gesondheid verkeer en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, kan jy kwalifiseer om bloed te skenk.
- Besoek www.wcbs.org.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 060 549 7244.