Skoen gee jou nuwe krag

Anna-Mart Louw, ’n graad 9-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, is nie iemand wat rondsit nie. Daarom het sy besluit om ’n skoen te ontwikkel wat krag opwek terwyl jy stap.


Anna-Mart Louw, ’n graad 9-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, is nie iemand wat rondsit nie. Daarom het sy besluit om ’n skoen te ontwikkel wat krag opwek terwyl jy stap.

Louw het vanjaar met die prys vir die algeheel beste navorsingsprojek by die Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes weggestap. Sy het ’n goue medalje gewen, is aangewys as die wenner van die energie-kategorie en is uitgenooi om in September aan die International Science Fair deel te neem.

“Die skoen wek krag op sonder dat jy enige ekstra moeite hoef te doen en laai ’n kragbank,” verduidelik Anna-Mart. Sy werk tans aan ’n vierde prototipe wat goedkoop en klein genoeg is sodat dit vir meer mense bekostigbaar kan wees.

“Baie mense in Suid-Afrika het nie toegang tot elektrisiteit nie of sukkel om dit te bekostig,” sê sy.

Haar idee met die skoen wat krag opwek wanneer druk op die sool uitgeoefen word, is om mense in staat te stel om ’n klein hoeveelheid krag op te wek sonder dat dit hul daaglikse roetine beïnvloed. Dié krag kan gebruik word om ’n selfoon of batterye te laai, of selfs om ’n draagbare lampie aan te skakel.

Altesaam 380 projekte is by vanjaar se streekuitdunne van die ekspo?uitgestal en jongmense van reg oor die Wes-Kaap het hul wetenskaplike vernuf vertoon.

Dié geleentheid is Vrydag 23 Augustus 2019 by die Hoër Meisieskool Bloemhof gehou.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het die gehoor toegespreek.

Bloemhof se graad 9-leerders neem aan ’n interne ekspo deel waarna die beste projekte vir die streekekspo ingeskryf is. Bloemhof het vanjaar 22 projekte ingeskryf waarvan 18 met medaljes bekroon is. Die sewe goue medaljes wat Bloemhoffers gewen het, het vier kategoriewenners, onder wie Anna-Mart, ingesluit.

Die ander wenners was: V Nicole Bougas: Beste junior navorsingsprojek in agriwetenskappe V Leisha Scheepers: Beste junior navorsingsprojek in biomediese wetenskappe V Danielle Flemix: Beste junior navorsingsprojek in fisika, astronomie en ruimtewetenskap.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.