Gemeenskapslede het Vrydagoggend (23 Januarie) by die Klapmuts-kliniek, reg oorkant die plaaslike laerskool, byeengekom ná die skielike dood van 'n agtjarige leerder. Foto: Yaël Malgas
Gemeenskapslede het Vrydagoggend (23 Januarie) by die Klapmuts-kliniek, reg oorkant die plaaslike laerskool, byeengekom ná die skielike dood van ‘n agtjarige leerder. Foto: Yaël Malgas

KLAPMUTS – Ouers en die skoolgemeenskap van Klapmuts rou vandag (Vrydag 23 Januarie) ná die skielike dood van ‘n jong leerder by ‘n plaaslike laerskool.

Na wat verneem word, het ‘n agtjarige leerder hom doodgeskok op die skoolterrein. Ten spyte van personeel wat die seuntjie na die Klapmuts-kliniek reg oorkant die skool gehaas het, het die leerder gesterf.

Die presiese omstandighede rondom sy dood is nog nie bevestig nie.

LEES OOK: Kabels eis 27-jarige in Lanquedoc

JC Anthony, die raadslid vir Klapmuts, het op die toneel gesê dit is die tweede leerder van die skool wat in ‘n kort tyd oorlede is. Nog ‘n kind het glo vroeg in Januarie verdrink. “Ons as gemeenskap is hartseer om kennis te neem van nog ‘n jong leerder wat ons verlaat het,” het Anthony vanoggend gesê.

“Ons innige meegevoel gaan aan die familie en ook die skool. Ons vra dat die gemeenskap beide sal ondersteun.”

Die skool is ná afloop van die leerder se dood verdaag.

Wetstoepassers, lede van die plaaslike skoolkringbestuur sowel as beamptes van Eskom was Vrydagoggend op die toneel by die skool.

* Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article