Netbalspelers van die Hoërskool Klapmuts het Woensdag 17 April hul eerste ligawedstryde sedert die skool se opening in 2023 gespeel. Die skool se o.14-, o.15- en o.16-spanne het op die Boy Louw-sportveld in Paarl teen spanne van Klein Nederburg Sekondêr te staan gekom. By die Klapmuts-netbalspanne is die skoolhoof, Donovan Mackier, en afrigters Leticia Pietersen en Gillian Joubert. Die skool doen ook ’n beroep op die gemeenskap vir skenkings van sporttoerusting en netbalklere. Kontak die skool by 021 204 9387 of [email protected] vir meer inligting.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article