Die sportmanne van Paul Roos Gimnasium het oor die afgelope paar weke hul staal op die sportveld ten toon gestel, en goeie vertonings opgelewer. Hier is ’n blik op die aksie wat die Stellenbossers op tuisbodem en in ander dele van die land opgedis het.

Die o.19A-rugbyspan van PRG het Saterdag 20 April in ’n volgepakte Markötter ’n goeie vertoning gelewer en die wedstryd teen Boishaai met 25-10 gewen. Die flank Gert Kemp, die skrumskakel, Adeeb Boraine, en die haker, Altus Rabie, het vir die Stellenbossers agter die doellyn gaan kuier, terwyl die losskakel, Joshua Damies, met twee doelskoppe in die kol was. Dié oorwinning het verseker dat die PRG-rugbyspan sy onoorwonne status behou met ’n lang, uitmergelende seisoen wat nog voorlê.Foto: Janco Saunders

The PRG eSport team emerged victorious in Valorant, Minecraft and Overwatch 2 against the eSport team of Paarl Boys’ High School, following a hard-fought battle where both teams showcased their skills and sportsmanship.

Die wintersportkodes van Paul Roos Gimnasium het die naweek van Donderdag 25 tot Sondag 28 April na Gqeberha gereis om met spanne van Grey High School mee te ding. Die o.19A-hokkiespan van PRG het ná ’n uitstekende terugvegpoging daarin geslaag om die manne van Grey High met 2-3 te klop. Foto: Dian Lategan

Die PRG-landlopers het naelskraap met 71-65 teen Grey High die knie gebuig.

Met die landloopseisoen in volle gang, het die landloopspan van PRG aan twee skoleligawedlope deelgeneem, een by Hugenote Hoërskool in Wellington (Woensdag 10 April) en een by die Hoërskool Stellenbosch (Woensdag 17 April). Volgens die puntetelling het PRG tweede geëindig na die laaste wedloop, met die skool se beste junior, Liam Koekemoer, wat in vyfde plek geëindig het en die beste senior, Mark Lester, wat in die sesde plek oor die wenstreep is.

Die o.15A-muurbalspan van PRG het met gemak met die o.15A-span van Hoër Jongenskool Paarl met 14-1 afgereken. Die Stellenbossers se eerste span het in ’n titaniese stryd vasgeval teen Boishaai, met die sege wat onbepaald was tot en met die laaste pot. PRG het die stryd met 6-9 verloor.

The under-17A soccer team of PRG were in action against their Stellenzicht High School counterparts on Wednesday 17 April. The PRG charges managed a hard-fought 1-0 victory in the encounter.