Hoërskool Cloetesville het Donderdag 31 Januarie by die jaarlikse interskole-atletiekbyeenkoms op Coetzenburg koning gekraai.
Cloetesville, Groendal, Lückhoff, Khayamandi, Stellenzicht, Makapula en Kylemore het aan dié byeenkoms deelgeneem.
Die beste presteerders onder die seuns was Caylo Pohl van Lückhoff wat die 100 m in 11.32 sekondes kafgedraf het. In velditems het Allister Coetzee van Khayamandi die beste in verspring gevaar met ’n afstand van 6.67 m.
Vir die meisies het Andrea Adams van Cloetesville die 200 m in 24.83 sekondes gehardloop en Amber Dico het die beste in gewigstoot gevaar met ’n afstand van 8.84 m. Die victor ludorum vir die seuns was Ruben Barry van Stellenzicht en die victrix ludorum was Andrea Adams van Cloetesville.
Posisie | Skool | Punte |
1 | Cloetesville | 356 |
2 | Lückhoff | 287 |
3 | Kylemore | 145 |
4 | Stellenzicht | 126 |
5 | Groendal | 96 |
5 | Khayamandi | 72 |
7 | Makapula | 46 |