Hoërskool Cloetesville het Dinsdag 28 Januarie koning gekraai teen vyf ander skole by die jaarlikse seshoekige atletiekbyeenkoms wat by Coetzenburg-stadion plaasgevind het.
Die ander deelnemende skole was Makupula Sekondêre Skool, Stellenzicht Sekondêre Skool, Hoërskool Kylemore, Groendal Sekondêre Skool en Hoërskool Lückhoff.
Die victor ludorum was Lincoln Nichols van Groendal. Die victrix ludorum was Andrea Adams van Cloetesville.
Punte is soos volg:
Cloetesville: 567
Lückhoff: 525
Stellenzicht: 340
Groendal: 250;
Kylemore: 176
Makapula: 143.