Laerskool Stellenbosch het Saterdag 4 Mei sy jaarlikse Sotheby’s International Realty-sportdag aangebied. Elf skole uit die Boland en die WP het vanjaar deelgeneem. Netbal- en rugbyspanne van o.7 tot o.13 het hul staal kom wys en die dag saam geniet. Die o.7-rugbyspan is voor van links: Oliver Rossouw, Jak Bolton en Adam Bekker. Middel: Paul von Zeuner. Agter van links: Samuel Kietzman, TJ Alberts, Joshua du Toit, hul afrigter, Dawie de Vries, Morgan Wyngaardt, Joshua Powell en Charl Swart.