Altesaam 10 atlete van Weber Gedenk Primêr het Sondag 21 Oktober aan die One Heart Family-veldwedloop by Blaauwklippen deelgeneem. Die One Heart Foundation se leuse is: Run, lead and read. Die skool het Afrikaanse leesboeke as skenking ontvang. Die onderwyseresse, J. Terblanche en G. Mentoor, het die leesboeke in ontvangs geneem.