Idasvallei Primêr (IVP) het as deel van Jeugmaand-vieringe R2 000 aan Stellenbosch Hospice geskenk as blyk van waardering vir die onbaatsugtige werk wat die organisasie in die gemeenskap lewer. Die geld is ingesamel by ’n erediens op Wêreldbiddag vir Vroue vroeër vanjaar. ’n Groep afgevaardigde leerders het die geld op 23 Junie aan die Stellenbosch Hospice oorhandig. Die leerders van IVP wil hierdie beginsel van ubuntu uitleef en ook ander hierdeur aanmoedig om ’n verskil te maak al is dit ook hoe klein. Van links is Colleen Adonis, Eugenie Smith (Hospice Stellenbosch-bestuurder), Xante Jefthas (hoofmeisie), Peyton Mattheys (onderhoofmeisie) en Lucinda van der Rheede.