Laerskool Eikestad se o.13A- en B-tennisspane het op 1 en 2 November aan die Jocelyn Marais-tennistoernooi in Graaff-Reinet deelgeneem. Die A-spanseuns het die toernooi gewen en die A-spanmeisies het tweede geëindig. Die B-spanseuns het sesde gekom en die B-spanmeisies was sewende. Hanko van Rooyen het ook ’n kontantprys gewen vir die seunspeler wat die minste potte gedurende die toernooi afgestaan het. Die meisies A-span se afrigter is Rain Lutjens. Die spanlede is Monet van der Merwe, Lara Ehlers, Anja Durand en Leentjie Kieviet.