Voor is Charel Blom, Daniel Retief, Nadia Lochner en Isabella de Wet. Middel is Estelle Schoeman, Naomi le Roux (VRL-voorsitter), Ju-Stine Westraat, Jeanne-Mari Koekemoer en Dieter Niewoudt. Agter is Walden van der Walt, Ester de Wet (hoofmeisie), Anja Venter, Zander Fourie, Valerio Costa en Jarryd Myburgh (hoofseun).

Stiaan Visser (gr.8) stem.

Ná ’n rigiede stemproses, kompleet met stemboksies van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en strawwe kompetisie wat selfs die Amerikaanse presidensiële kandidate sal laat sweet, is die Hoërskool Stellenbosch se drie hoofleiers verlede week aangekondig.

Naomi le Roux is die skool se VRL-voorsitter vir die 2020-’21-termyn terwyl Jarryd Myburgh en Ester de Wet as hoofseun en -meisie sal dien.

Dié drie is dit eens dat hul termyn een van onsekerheid is, maar dat hulle hard wil werk om ’n mate van normaliteit na die skool terug te bring. “Ons hoofleiers se droom is om ’n positiewe ruimte te skep waar leerders gemotiveerd is ten spyte van die onsekerheid,” sê Naomi.

Jarryd voeg by dat hulle gaan poog om die skool weer soos ’n skool te laat voel – Covid-regulasies natuurlik in ag geneem, terwyl Ester glo dat dit hul doelwit is om “sekerheid in die onbekende te skep”.

Die Hoërskool Stellenbosch wens die hoofleiers saam met hul Matriekraad geluk, en vertrou dat hulle die skool veilig sal kan stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.