CoachPro bied in die skoolvakansie ’n unieke geleentheid aan waar skoolkinders (seuns en meisies) tussen 10 en 18 jaar by die wêreld se beste rugbyspelers en -afrigters kan leer.
Twee afsonderlike geleenthede sal plaasvind – aanstaande Vrydag (13 Desember) by die Helderberg-rugbyklub in die Strand en op Saterdag 14 Desember by die Villagers-rugbyklub in Claremont, Kaapstad.
Die CoachPro-rugby-ervaring fokus op wêreldklas-afrigting wat aansluit by die tegnieke en opleiding wat deur internasionale sterre gebruik word. Deelnemers sal waardevolle insigte kry in die vaardighede wat nodig is om op die hoogste vlak te presteer.
Benewens die ontwikkeling van kernvaardighede, vier hierdie geleentheid die gees van rugby deur spanwerk, kameraadskap en pret tussen spelers van verskillende skole en agtergronde te bevorder.
- Rosko Specman: Voormalige Suid-Afrikaanse 7’s- en 15’s-speler en SA 7’s-speler van die jaar;
- Kyle Brown: Voormalige SA 7’s-kaptein en Speler van die Jaar;
- Nadine Roos: Huidige SA Vrouespeler van die Jaar en verteenwoordiger van SA in 7’s en 15’s; en
- Paul Delport: Internasionale 7’s-afrigter met 12 jaar ervaring en voormalige SA 7’s-speler.
Fokus word geplaas op kernvaardighede soos vang, aangee, voetwerk, basiese skopvaardighede en kontakontwikkeling.
Die afrigting vind in ’n prettige omgewing plaas wat groei, kameraadskap en ’n liefde vir rugby sal bevorder. Die sessies bied insigte vir almal wat ’n passie vir rugby deel.
Kelvin Elliott, mede-stigter van CoachPro, sê: “Dit is nie net nóg ’n rugbykamp nie; dit is ’n rugby-ervaring. Ons doel is om wêreldklas-spelers na jong spelers te bring, sodat hulle kan leer wat dit verg om op die hoogste vlak uit te blink. Ons skep ook ’n prettige en inklusiewe omgewing waar hulle die spel kan geniet en met ander spelers kontak kan opbou.”
Registrasie is nou oop met ’n 25%-afslag op hierdie eerste aanbieding. Ouers en skole word aangemoedig om vroegtydig te bespreek om hul jong sterre van ’n plek te verseker.
- Besoek www.coachpro.co.za vir registrasie, om voordeel te trek uit die spesiale aanbod en inligting oor toekomstige kampe.