Die 12de PRG beKoor-geleentheid is verlede maand (Mei) met groot sukses aangebied. Hierdie konsert is al ‘n bekende Stellenbosch-geleentheid waar skole hul uitmuntende kore elke jaar ten toon stel. Kore van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Rhenish Girls’ High School, die Hoërskool Stellenbosch, Bridge House, Paul Roos Gimnasium en die PRG-senior orkes het ‘n gehoor van 1 000 mense met hul musikale talente gaande gehad.

You need to be Logged In to leave a comment.