Skryf in vir Hope Hike en help bring hoop

Die gewilde Hope Hike vind Sondag 27 Oktober by die Delvera-landgoed in Stellenbosch plaas.


Die gewilde Hope Hike vind Sondag 27 Oktober by die Delvera-landgoed in Stellenbosch plaas.

Die jaarlikse geleentheid word deur die Ithemba-stigting, ’n organisasie sonder winsbejag wat navorsing oor psigiese gesondheid doen en op die bewusmaking van depressie fokus, ondersteun. Dit word elke jaar in Oktober, wat Wêreld-Psigiesegesondheidsmaand is, gehou en die geld wat ingesamel word, gaan aan die stigting.

Die publiek word aangemoedig om deur Oktober – ook bekend as HOOPtober – hul hemelsblou-vir-hoop-strikkie te dra. Blou is bekend as die kleur vir optimisme, vrede, positiwiteit, rustigheid, kalmte en hoop.

Deelnemers aan die Hope Hike kan of self of virtueel deelneem. Drie roetes waaraan deelnemers kan deelneem, is by Delvera beskikbaar: die 7 km-Klapmutskop-roete (07:30); die 10 km-roete (07:35); en die 5 km-roete (07:45). Mense wat elders (virtueel) deelneem, kan in enige tyd en op enige plek hul eie roete voltooi.

Deelnemers word aangemoedig om iets blou te dra en selfies met hul inskrywingsnommer op die Ithemba-stigting se Facebook- en Instagram-blad te deel. Fantastiese pryse is vir beide geleenthede op die spel.

Die inskrywingsfooi is R80 vir volwassenes of R50 vir leerders en studente. Inskrywings sluit Vrydag 25 Oktober vir al twee geleenthede.

  • Besoek www.entryninja.com/events/ om in te skryf.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.