Die koor van die Excelsior Primary School van Bellville in aksie in die finaal van ATKV-Applous 2017 in Pretoria.


Skoolkore kan nie net vanjaar hul slag by die ATKV se Applousstreeksfeeste kom wys nie, maar ook by koorkenners kom kers opsteek oor koorsang.

Die ATKV se Applous-koor­kom­pe­tisie word vanjaar die 41ste keer aangebied en koor­werk­ses­sies word op versoek van koorleiers gehou.

Volgens Johan Esterhuizen, bestuurder van jeugprojekte, is sy span baie opgewonde oor vanjaar se kompetisie.

“Vanjaar se Applous het slegs een ronde – die streeksfees. Elke streeksfees gaan egter ’n eindronde uit eie reg wees.”

Die koorwerksessies gaan aangebied word deur spesialiste op die gebied van koorsang. Onderwerpe wat onder meer behandel sal word, is reperto­rium, koorklank, stembou en intonasie.

Die kategorieë waarin laer­skoolkore kan inskryf, is Afri­kaans (moedertaalsprekers), nie-Afrikaansmoedertaalsprekers en meer ervare senior en junior kore.

Hoërskoolleerders kan meeding in kategorieë vir Afrikaans (moedertaalsprekers), nie-Afrikaansmoedertaalsprekers en meer ervare kore met subafde­lings vir seunskore, meisieskore en gemengde kore.

Volgens Martin Berger, ’n be­kende in koorkringe, moet kore vir ATKV se Applous-kompetisie inskryf omdat deelname passie kweek. “Passie is belangrik, want dis die dryfveer wat ons help om vorentoe te beweeg. Musiek kan passie kweek. Musiek kan ook kuns en sosiale geregtigheid meebring. Deur musiek en koorsang kan ons bydra tot ’n beter en meer positiewe gemeenskap.”

Mense moet opskud, skole en koorleiers het net tot 2 Maart kans om hul skoolkore vir deelname aan die ATKV se Applous-koorkom­petisie in te skryf.


V

Vir nog inligting, besoek www.atkv.org.za of nader Bessie Keun by 2 bessie@applous.co.za, Jacqueline Göttert by 2 jacquelineg@atkv.org.za of skakel 0 011 919 9038.

You need to be Logged In to leave a comment.