Die publiek word genooi na ’n geleentheid Vrydag (2 Junie) om meer te leer oor die negatiewe invloed wat faktore soos middelmisbruik op jou het en hoe om jou geestesgesondheid te beskerm.


Alles wat ons doen en inneem, beïnvloed ons gesondheid én ons geestesgesondheid.

Die publiek word genooi na ’n geleentheid Vrydag (2 Junie) om meer te leer oor die negatiewe invloed wat faktore soos middelmisbruik op jou geestesgesondheid het en hoe om jou geestesgesondheid te beskerm.

geestesgesondheid

Die publiek word genooi na ’n geleentheid Vrydag (2 Junie) om meer te leer oor die negatiewe invloed wat faktore soos middelmisbruik op jou het en hoe om jou geestesgesondheid te beskerm.

Die geleentheid vind plaas in die Kylemore-gemeenskapsaal tussen 10:00 en 12:00, en word deur die Wes-Kaapse departemente van gesondheid en welstand asook maatskaplike ontwikkeling en die SA polisie aangebied.

“Verskillende faktore kan jou geestesgesondheid negatief beïnvloed. Party dinge is buite ons beheer, soos die Covid-19-pandemie en die gevolge. Daar is egter ander faktore, soos die gebruik van dwelms, wat jou geestesgesondheid benadeel,” sê Liesl Sassman van die Stellenbosch-hospitaal. “Ons het dus ’n geleentheid gereël waar ons inligting kan deel en praat oor hoe ons dit saam kan wen.”

Sr. Denise Johnson, bestuurder van primêre gesondheidsorg in die Stellenbosch-omgewing vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand, sê baie pasiënte het uitdagings met hul geestesgesondheid. “Ons wil mense graag help om siektes te voorkom. Almal besef nie dat alkohol, dwelms en rook ’n permanente negatiewe uitwerking op hulle kan hê nie.”

Almal in die gemeenskap word genooi om die gratis geleentheid by te woon om hulself te bemagtig en gemeenskappe se welstand te verbeter.

You need to be Logged In to leave a comment.