• Die Black Pumas-netbalklub nooi jong netbalspelers om by sy oefensessies ter voorbereiding vir die 2025-seisoen aan te sluit. Dit word Dinsdag en Donderdag om 17:00 by die Cloetesville-sportterrein aangebied. Die klub is in 2023 gestig om jong mense uit die strate te hou en ’n positiewe alternatief vir maatskaplike probleme te bied. Die klub is aan die Stellenbosch-Wynland-netbalunie geaffilieer. Borgskappe word verwelkom. Bel die hoofafrigter, Carlene Noble-Petersen, by 084 995 0263 of die voorsitter, Vernon Petersen, by 064 464 4118 vir meer inligting.
  • Die Kylemore-rugbyklub se o.20-span nooi belangstellendes om aan te sluit. Jong toegewyde rugbyspelers wat wil groei en talente ten toon stel, kan aansluit. Bel die afrigter, Marlon Petersen, by 083 256 7615, of die spanbestuurder, Juanita Jacobs, by 083 882 5333.

You need to be Logged In to leave a comment.