Bedien 4 vir onder R110

Voorbereidingstyd: 15 minute

Kooktyd: 25 minute

Bestanddele:

• 750 ml (3 koppies) groenteaftreksel

• 375 ml (1½ koppies) braaipap

• 200 g blok cheddarkaas, gerasper

• sout en peper

• ½ x 410 g blikkie tamatie puree

• ½ wit of rooi ui, in dun skywe gesny

• 170 g blikkie tuna stukke in olie, gedreineer

• 50 g calamata olywe

• 4 eiers

• handvol basiliekruid

Metode:

1. Om die pap te maak, verhit die groenteaftreksel in ’n groot pot en klits die braaipap in. Bring tot ’n ligte kook. Verminder na ’n lae hitte, bedek en kook vir 10 tot 15 minute, of tot die vloeistof ingetrek het. Roer helfte ban die kaas in. Geur met sout en peper. Skep die pap in ’n gesmeerde 26 cm x 30 cm bakplaat.

2. Voorverhit die oond na 200 °C. Smeer die pap basis met tamatie puree en strooi die voorblywende kaas oor. Bedek met ui, tuna en olywe. Gebruik die agterkant van ’n lepel om vier holtes in die vulsel te maak. Breek ’n eier oop in elke holte. Geur die eiers met sout en peper.

3. Bak vir omtrent 10 minute of tot die eiers volgens jou smaak gaar is. Versier met basiliekruid en bedien. – www.sapoultry.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.