
Die bekende kosskrywer Marlene van der Westhuizen (links) was hierdie week die gas by die Hoër Meisieskool Bloemhof se gewilde boek-en-koek-boekbespreking. Sy was in gesprek met Santjie van Vuuren (departementshoof: kultuur) en gaste kon aan happies uit haar nuwe boek, getiteld Bord, smul. Foto: Leon Piron