Michele van Wyk, Adam Boulter en Naz Kell is deel van die bestuurspan agter die Botanical Café.Foto’s: Yaël Malgas


Die bekende eetplek in die Universiteit Stellenbosch se botaniese tuin het onlangs ’n nuwe baadjie – en nuwe bestuur – gekry en is Vrydag (1 November) amptelik heropen.

Die Botanical Café het sy deure vir spesiale gaste geopen, hoewel dié restaurant reeds sedert September in bedryf is. Botanical Café spog met ’n eenvoudig dog liplekker-spyskaart met etes en drankies van die hoogste gehalte.

Gaste kan binne of buite ’n vinnige koffie of ’n rustige middagete geniet – of ’n selfs redelik informele vergadering hier hou. ’n Besoek aan Botanical Café beloof nie net ’n heerlike maaltyd nie, maar ondersteun ook die botaniese tuin. ’n Gedeelte van die restaurant se inkomste gaan aan dié tuin.

Die span van die Botanical Café het gaste met smullekker disse beïndruk en seker gemaak hulle kom terug vir meer.

Botanical Café se deure is oopgegooi vir gaste, onder wie Monique Marais, Nicky Adams, Janean Jeppa en Chriszelda Adendorff.

Colette Februarie, Eloize Fry en Cheryl Conrnellisen was in hul noppies om die Botanical Café se amptelike opening by te woon.

Gwenith August, Dale Savel, Jenna Moses (Visit Stellenbosch) en Shulene Hendrikse was onder die gaste vir die eetplek se amptelike opening.

Alfreda Coetzee, Maretha Joyce, Michelle Jooste en Marieke Brand het Botanical Café se nuwe baadjie saam geniet.

Madeleine Mitchell, Gary Muizenheimer en Lee Stallenberg was gereed om ’n glasie op die opening te klink.

You need to be Logged In to leave a comment.