Hierdie leerders van die Hoërskool Stellenbosch is op Unisa se ererol geplaas vir hul uitstekende uitslae in die musiekteorie-eksamen wat in Oktober 2018 afgelê is. Van links is Zoë Samuels (gr. 1: 97%), Franci van der Merwe (gr. 2: 98%), Lian Bell (gr. 1: 97%) en Lize du Toit (gr. 5: 94%).