Groot sokker word verwag by ’n registrasiedag by die Idasvallei-sportterrein op Saterdag 8 Maart.
Vir die eerste keer sal Nelsons-sokkerklub en Idasvallei-sokker hande vat en ’n gesamentlike registrasiedag behartig ter voorbereiding vir die komende juniorliga en senior winterliga wat in laat April begin.
Benewens die feit dat die twee klubs vir die eerste keer ’n registrasie-dag deel, sal dit ook ’n pretdag wees met vermaak vir die hele familie. Springkastele vir die jonges, en jonk van gees, kosstalletjies en vriendskaplike wedstryde vir die o.9-spanne asook die Premier-afdeling is alles op die spyskaart.
Dit is nie al nie, die hoogtepunt van die dag sal wees wanneer Idas Valley AFC kragte meet met Nelsons FC Legends vir ‘n wedstryd waarvan die spanne se bekendes van gister weer hul sokkerstewels sal afstof en die gemeenskap herinner aan hul sokkervernuf op die veld.
Van die bekendes wat die gemeenskap kan verwag om in aksie te sien, is Idas Valley AFC se Charlie Okkers, Wesley Samson, Cornelius “Gwana” Jumat, Ryan Jumat en nog vele meer. Die manne wat weer vir Nelson FC sal uitdraf sluit in Lester May, Ashley Mezichel, Garth Le Roux, Elton Isaacs en Cardo Isaacs. Vir die eerste keer sal Nelsons-sokkerklub en Idasvallei-sokker hande vat en ’n gesamentlike registrasiedag behartig ter voorbereiding van die opkomende junior liga en senior winter liga wat in laat April afskop.
Benewens die feit dat hierdie twee klubs vir die eerste keer ’n registrasiedag deel, is dat die dag ’n pretdag sal wees met vermaak vir die hele familie. Springkastele vir die jonk, en jonk van gees, kos stalletjies en vriendskaplike wedstryde vir die o.9-spanne asook die Premier-afdeling is alles op die spyskaart. Dit is nie al nie, die hoogtepunt van die dag sal wees wanneer Idas Valley AFC kragte meet ten Nelsons FC Legends vir ’n wedstryd waar van die spanne se groot name van gister weer hulle sokkerstewels sak afstof en die gemeenskap herinner van hulle sokker vernuf op die veld.
Van die name wat die gemeenskap kan verwag om in aksie te sien is Idas Valley AFC se Charlie Okkers, Wesley Samson, Cornelius “Gwana” Jumat, Ryan Jumat en nog vele meer. Die manne wat weer vir Nelson FC sal uitdraf sluit in Lester May, Ashley Mezichel, Garth Le Roux, Elton Isaacs en Cardo Isaacs.
Beide spanne sien uit na die opkom van die gemeenskap vir hul ondersteuning en om die dag saam met hulle te geniet.